Wednesday, October 7, 2009

Soorte Salarisse

Uieskilsalaris: As daaraan vat, begin jy huil
Dieetsalaris: Laat jou elke keer minder eet
Ateissalaris: Jy begin ernstig twywel oor sy bestaan
Donderstormsalaris: Jy weet nie wanneer dit gaan kom nie en hoe lank dit gaan hou nie
Galgehumorsalaris: Jy lag histeries om te keer dat jy huil
Impotente salaris: Laat jou in die steek wanneer jy dit die nodigste het
Arktiese salaris: Is al dertig jaar lank gevries
WP-salaris: Prakties, maar jy troos jou daaraan dat jy ten minste by 'n lekker plek werk

No comments:

Post a Comment