Thursday, April 30, 2020

Saturday, April 18, 2020

Die Bus

Wanneer jy die kleine baba vashou, sit jy in Die Bus se bestuurdersitplek. Jy bestuur Die Bus. Met die eerste paar verjaardae bly jy op die sitplek, en bestuur Die Bus. Dan raak hulle laat laerskool. Jy sit dan op die eerste bank net agter die bestuurdersitplek van Die Bus. Jy kan nog aan die skouer vat, in die oor fluister van die nuwe bestuurder van Die Bus. Daarna raak dit net erger, met elke verjaar skuif jy 'n sitplek agtertoe. Met die 18e een sit jy in die agterbank. Jy dink en voel jy moet nog Die Bus bestuur, maar die woorde kom nie altyd deur na die bestuurder nie. Jy is eintlik nog verantwoordelik vir Die Bus. Versekering en al. Maar jy bestuur Die Bus deur iemand anders. Jy hoop hardop dat jy 'n goeie joppie daarvan gemaak het. Daarna laai Die Bus jou af. Jy kry miskien 'n kans deur die venster van Die Bus om nog iets te vra, te se^. Dalk net via WhatsApp. Hierdie Bus loop nou sy eie paaie, jy voel jy moet hom nog bestuur en moet nog in beheer wees, maar jy is nie. Dit is moeilik. 

Tuesday, April 7, 2020